• Document: Astra castra Dot Serfontein
  • Size: 1.96 MB
  • Uploaded: 2018-10-23 18:35:47
  • Status: Successfully converted


Some snippets from your converted document:

AFR EAT KORTVERHALE GRAAD 11 KORTVERHAAL 3 Astra castra Dot Serfontein “Toe nou,” sê Eben Bester, “hulle wil begin.” Hy kyk af na Ettie, sien die skrik in haar oë. Sy is te jonk. Vir enigiets, dink hy vererg. Sy koue blou oë vat haar verwarde denke vas: “kom nou!” Dan verander sy stemtoon. Hy boots die skoolhoof na: “Onthou, my dogter, astra castra, numen lumen, reik na die kroon. Haal diep asem en moenie rondvroetel by die wegspringblokke nie.” Sy lag. Die dodelike klem in haar maag los, en sy is gereed. “Op julle plekke!” sê die groot man met die swart snor, en Ettie sak saam met vyf ander in die wegspringblokke neer. Sy skarrel „n oomblik met haar spykerskoene rond na vastigheid. Sy voel, eerder as wat sy sien, die waarskuwende afkeuring in Bester se gesig waar hy teen die tralies leun, en sy verstyf gehoorsaam in haar spore. Langs haar aan die anderkant sak die drie vingers van die Suid-Afrikaanse naelloopkampioen, Hanna Dewalt, met geoeffende sekerheid neer. Die afsitter lig sy pistool. “Gereed!” Drie sekondes waarin die groot pawiljoen met sy honderde toekskouers dodelik stil word, waarin die witstrepe soos weerligstrale weerskante van die naellopers uitskiet, en hul hele gewig met elke greintjie wilskrag in hul vingerpunte vorentoe gegooi is. Die skoot knal! Die ses naellopers in die honderd meter ope ruk orent uit die blokke, en die geskreeu van die toeskouers breek soos water uit sluise. Toe Ettie met haar tweede tree regop kom, sien sy met verbystering dat die kampioen reeds twee meter voor haar op vaart is. Die beroemde wegspring, flits dit deur haar gedagtes. Die wegspring wat meneer Bester haar maande lank al geestelik skool om te omseil. Sy byt op haar tande en lóóp. Die wilde geskree is „n veraf geruis soos van „n skulp teen haar oor. Sy loop, maar die bruin, leeragtige elmboë, en drillende neksenings van die kampioen bly twee meter voor, soos aan die begin. Net twee, dit word nie meer nie, flits dit deur Ettie, en met die wenpaal reeds in sig bars sy uit in „n wilde dolle vaart waarin sy van alles om haar vergeet; die kampioen langs haar, Bester by die tralies, die wenpaal voor. Sy hardloop asof sy elke spier in haar liggaam in „n kolossale selfmoordpoging uitmekaar wil skeur. Die eerste waavan sy weer bewus word, is oom Spekies, haar skoolhoof, wat haar vang. Sy word links en regs rondgeruk en op die skouers geklop. Vreemdes skree in haar gesig. Sy het gewen. “Baie, baie geluk. Tussen al die stemme deur tref diè een. Twee droë lippe tref hare en daar is die verbete glimlag na die toeskouers; Hanna Dewalt, die kampioen, wat nie meer kampioen is nie! „n Soutsmaak van onvoldaanheid is op Ettie se lippe agtergelaat, maar dan sien sy hulle, haar eie mense, haar eie spesiale eilandjie van aanmoediging, wat wild op die paviljoen te kere gaan. Voordag van more van Estville weg, „n Paar onderwysers, die skoolhoof, haar ouers, nog „n paar atlete, maar nie so goed soos Ettie nie, nou nooit weer so 1 AFR EAT KORTVERHALE GRAAD 11 goed soos Ettie nie. Sy waai vir hulle, maar Eben Bester neem haar aan die arm. Hierso, gaan trek gou aan. Sportsak met haar sweetpak en skoene. Die stadige, versigtige afkoel van spiere. Ek tek sommer hier aan, dink sy en pluk haar sweetpak oor haar atletiekklere aan. Die aantrekkamer… “Haai, Meneer, ek wil nie by die kleedkamer ingaan nie. Sê nou ek kry juffrou Dewalt daar.” “Maar jy het haar mos net geklop. Jy het haar nie gestamp of gepootjie nie.” “Ek weet, Meneer. Maar ek voel aardig.” Die verskrikking van verloor was nog nooit so naby as noudat sy gewen het nie. “Aardig?” sê hy ysig. Hulle stap buitentoe op die sypaadjie langs om haar te laat afkoel. Hy bly vies: hierdie naelloop is die kroon wat gespan is op maande se deskundige kanalisering van haar kragte, van meedoënlose voortdrywing onder nimmereindigende aanmoediging. En die belangrikste, om haar tienergees te dissiplineer in die stale selfbeheering van die werklike atleet. En nou: aardig! Daar lê nog baie werk voor. “Jy sê aardig. Weet jy wat jou tyd was?” “Nee Meneer?” Skuldig omdat sy dit nie eerste gevra het nie. “Jy het haar drie jaar oue record geëwenaar. Maar…‟ “Ons moet dit weer doen!” “Volgende maand in Port Elizabeth. Het jy gesien hoe neem hulle jou af? Jy is vooorbladnuus: onbekende skoolmeisie stof Hanna Dewalt uit. Sy sal dit ook lees. Sy sal die rumatiek uit haar senings brand en haar vol kotisone pomp. Sy wag vir jou volgende maand.” Ettie swik langs hom en skree van die pyn. Hy ruk haar op. “My voet, my voet, my voet.” Hulle staan tussen die geparkeerde motors, en dis verlate soos in die veld. Van binne die stadion kom die dawerende gejuig van die volgende wenner. Hy druk haar op die randsteen neer. Hy gaan sit tussen

Recently converted files (publicly available):